'n Tipe 2-emigrasievisum. Dit is uitgereik aan mense wat toestemming gekry het om die Sowjetunie permanent te verlaat; hulle het hulle Sowjet-burgerskap verloor. Baie mense is so 'n visum geweier.
Refusenik[1] (Russies: отказник, otkaznik; van "отказ", otkaz, "weiering") was 'n nieamptelike term vir individue – gewoonlik Jode van die Sowjetunie, maar nie altyd nie – wat toestemming deur die owerhede van die Oosblok geweier is om te emigreer, veral na Israel.[2]
↑"Refusenik" in die Nuwerwetse Politieke Woordeboek. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 14 Augustus 2021.